Hoeni

Hoeni
Ook Ny-Soeteh, Nisoet-Hoe, Kerpheris, Aches
Pienkgranietborsbeeld, moontlik van Hoeni (Brooklyn-museum).
Pienkgranietborsbeeld, moontlik van Hoeni
(Brooklyn-museum).
Farao van die 3de Dinastie
Periode 24 jaar
Voorganger Chaba ?
Opvolger Snefroe
Hoeni in Egiptiese hiërogliewe
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
swt
n
H
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Hoeni (oorspronklike naam onbekend) was ’n farao van die 3de Dinastie tydens die Ou Ryk van Antieke Egipte. Daar word geglo het hy 24 jaar lank regeeer, tot omstreeks 2600 v.C.

Hoeni se posisie as laaste koning van die 3de Dinastie lyk redelik seker, maar daar is nog taamlike onsekerheid oor die volgorde van die heersers aan die einde van dié tydperk. Dit is ook onseker onder watter Griekse naam Hoeni bekend was – moontlik as Aegyptiacae volgens Manetho of Aches volgens Winfried Barta. Baie Egiptoloë glo Hoeni was die pa en direkte voorganger van Snofroe, maar dit word betwis. Hoeni word beskou as ’n verwarrende figuur in die geskiedenis omdat hy lank in Egiptiese tradisies onthou is, maar min dokumente, voorwerpe of monumente oor hom behoue gebly het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search